Kontak besonderhede is beskikbaar by die kerk kantoor
Die gemeente voorsien in die behoeftes soos deur die huismoeder geidentifiseer. Dit sluit in kos, klere, vermaak, meubels en nog meer.
Bybelonderrig vind plaas op Dinsdae 18:30
Die huis bestaan uit tussen
12 en 15 seuns van ouderdom 7 tot 9.
Dit is vir ons n groot voorreg om die geleentheid te he om by te dra tot die versorging en vorming van die jong seuns.
Kontak Willem gerus vir meer informasie
n Wonderlik projek wat sy onstaan al in 2002 het, waar Senior Burgers van die Montana Aftree Oord onder leiding van Hester Goosen broodjies vir die kinders in Via Nova skool gelee te Derdepoort
Baie kinders gaan
honger skool toe en ons is geseend en opgewonde om deur n maandelike bydrae te help met die aankoop van benodighede vir hierdie projek.
Kontak Hester Goosen gerus om deel te word van hierdie energieke span.
Hierdie projek is 'n spanpoging van lidmate van die NG Kerk Montana om in gehoorsaamheid aan die bevel van ons Here, uit te reik na werkloses en haweloses in die omgewing.
n Basiese kospakkie word aan die mense voorsien
-dit bestaan uit Meel, Suiker, Tee, Soya, Sous, Tandepaste, Seep en soms meer
n Erediens word elke laaste Vrydag van die maand gehou waar die behoeftiges ook bybels ontvang voor die kospakkies. Dit is n geseende
projek en die woord van God is waardevolle voedsel vir die Geestelike honger mense.
Kontak Susan van der Berg gerus indien u enige navrae het
95% van Laerskool Westerlig se leerders bly in die Danville/Elandspoort area, wat bekend staan as ‘n baie arm area. Baie van die skool se leerders bly by oupas en oumas wat slegs ‘n staatspensioen ontvang.
Die
skool word egter deur die Departement van Onderwys gesien as ‘n “ryk” skool en dit beperk dus die Staat se finansiële bydraes aan die skool.Dit impakteer negatief op die finansiële bestuur van die skool, tesame met
gebrekkige skoolgeld betalings deur ouers.
Ten spyte van die uitdagings, slaag die skool daarin om kwaliteit onderwys en opvoeding aan die leerders te verskaf.
Ons is bevooreg om elke maand n skenking
aan die skool te kan maak.
Kontak Willem gerus as julle betrokke wil raak.
Die doel van hierdie aksie is om vir Joseph Phiri, wie as leraar in die Suid-oostelike deel van Zambië werksaam is, op verskeie maniere te ondersteun. Ondersteuning sluit in logistieke en finansiële hulp, asook morele ondersteuning.
Joseph
verdien geen salaris van ‘n kerk in Zambië nie en is dus vir sy persoonlike en gesinsoorlewing ten volle afhanklik van die NG Montana gemeente.
Vir meer inligting kontak gerus Ds Bennie Powell
Wil jy betrokke raak? Iets skenk? Kontak ons!
Natasha Cierenberg
Footmed.co.za.