Kontak: Chantél Lombard Sel: 072 488 6765

 

 

Kontak: Christa Schreuder Sel: 071 304 1183

 

 

Die Kleuterkerk word gesamentlik deur Christa Schreuder en Chantél Lombard bestuur.

KLEUTERKERK

Wat is erger vir ‘n 3 tot 6 jarige om vir ‘n volle uur te moet stilsit in die kerk? Wat is erger vir ‘n Mamma of Pappa om in die kerk of moederskamer te moet sit met ‘n 3 tot 6 jarige wat rooimiere het?

ALLE 3 – 6 jarige kinders is BAIE welkom om KLEUTERKERK toe te kom! Daar word gelag, gespring, gesing, gedans, gebid en van Jesus geleer op ‘n manier wat alle rooimiere akkommodeer.

WANNEER? Die kleuterkerk word net tydens die eerste oggenddiens aangebied m.a.w. om 08:00 op Sondae, behalwe gedurende skoolvakansies of langnaweke. Ons is alreeds daar vanaf 07:40.

WAAR? Le Gatte (Onder die saal se verhoog).