KOM GENIET DIE DAG!

6 September 2025

08:00 – 14:00

NG Montana

300 Veronica Weg, Montana, Pretoria

012 534 3377

admin@ngmontana.co.za

lizelle@ngmontana.co.za

Broodfees

Kom eet jou broodnodige deel! 
 
Dis daardie tyd van die jaar waar die reuk van varsgebakte brood en braaivleis jou reguit kerk toe lok! Ons nooi jou uit na ’n fees van geur, geselligheid en goeie ou tradisionele smake.
 
Op die spyskaart:
– Pap en Kaiings, wie kan nou nee sê
– Gaar heel hoenders, want more wil vroulief ook rus
– Worsbrode wat smaak na net nóg een, weer ń keer
– Prego burgers wat tintel waar dit tel
– Boepensbroodjies met kurwes op al die regte plekke
– Bunny chows met geur in elke hoekie
– Vetkoek met maalvleis – dis mos nou reg!
 – En dan… brode met konfyt – daai soet sonde is ’n moet!
 
Basaarpoeding – dié een bring jou terug vir ’n tweede porsie, vandag tel ons nie die kalorieë
– Buite stalletjies – van handgemaakte skatte tot lekker bekgevalletjies
– Loslit Dansorkes – jou tone gaan behoorlik krul en jou ore gaan hou van die plesier!
 
– Bring jou familie, jou vriende, en ja… selfs daardie buurman wat altyd oor die muur loer –
maar los daai eetlus NIE by die huis nie!
 
Kom kuier, lag, eet en vier saam met ons!
Dis ’n Broodfees vol smaak en siel – en jy’s uitgenooi!
Die een wil jy nie mis nie!

KOM GENIET DIE DAG!

31 Mei 2025

08:00 – 13:00

NG Montana

300 Veronica Weg, Montana, Pretoria

012 534 3377

admin@ngmontana.co.za

lizelle@ngmontana.co.za

Pannekoekfees

Dis weer daai tyd van die jaar – Pannekoek, pret en pure plesier!

Wat wag op jou by die groot dag…?
Bring jou lekker kuier-gees en kom sit saam in die Teetuin waar Loslit se dansorkes jou voete sal laat jeuk terwyl jy sluk aan ‘n koppie kondensmelk-koffie, tee of iets kouds! Daar’s Pannekoeke gevul met alles behalwe jou belastingterugbetaling, ‘n interessante klomp stalletjies, SANBS wat wag vir daardie superheld bloedskenking van jou af, en ‘n speelpark waar kinders hulle energie kan loslaat.

Wat’s op die spyskaart, vra jy?
Van russian twists wat jou laat twis oor ‘n tweede porsie, bobotie wat jou laat terugdink aan Ouma se kombuis, hoender-mayonnaise vir die fynproewers, maarlvleis-en-kaas pannekoeke vir die honger manne, tot spek-en-kaassous wat jou
hart (dalk jou dieet) vinnig laat klop. Gooi daarby ‘n paar cheesegrillers met “funky” souse, peppermintcrisp of lemon meringue vir die soetbekke en natuurlik – melktert, want geen fees is volledig sonder daai bietjie kaneelmagie nie!

Kom Geniet

Galery