Kategeseskool

Ignite groepe (Graad 0-6)

3-6 Jariges is welkom om Sondae tydens die oggenddiens by die Ignite groepe in die saal aan te sluit.

09:00 - 09:55

Tightlybound groepe (Graad 7-9)

Die Tightlybound groepe kom Sondae middae by die kerk bymekaar vir ‘n Praise and Worship diens.

17:00 - 18:30

Belydeniskategese (Graad 10-11)

Ons belydenisgroepe kom ook Sondae middae by die Kerk bymekaar vir die Praise and Worship diens.

17:00 - 18:30

Kleingroepe en Bybelstudie

Die kleingroepbediening in die NG Gemeente Montana is die hart van gemeenskap en geloofsondersteuning in die gemeente. Kleingroepbediening sluit ‘n verskeidenheid van belangegroepe in: van jeuggroepe, gesinsgroepe, Bybelstudiegroepe, tot gefokusde taakgroepe. As ‘n omgewing waar opregte en betekenisvolle verhoudings ervaar kan word, speel kleingroepe in die gemeente ‘n belangrike rol in die bevordering van gemeenskap, dissipelskap, ondersteuning, diens, aanspreeklikheid en geestelike groei.

Kleingroepe bied ‘n omgewing waar almal hul geloof kan verdiep en die leringe van Jesus Christus op praktiese maniere kan uitleef. Die kleingroepe in montana het elkeen ‘n eie dinamika en daarom kom hulle ook op tye en plekke bymekaar soos wat dit die groepe die beste pas. Skakel gerus die Kerkkantoor om by ‘n kleingroep te kan inskakel.

Hier is almal welkom!

Boeretroos Beloftes

Elke Vrydag oggend om 09:30 kom die dames van NG Montana saam by die Pastorie. Ons kuier tog te heerlik. Die fokus van hierdie bediening is om dames te motiveer en te inspireer om verder te groei. Ons doen dit deur saam koffie (Boeretroos) te geniet, en betrokke te raak by verskeie aksies in die gemeente en die gemeenskap.

Kom skakel gerus in, en ondersteun die bediening wanneer ons op Saterdae, bv funksies aanbied in die gemeente om ook die dames te akkomodeer wat werk, en nie op Vrydag oggende kan saam kuier nie. Ons nooi alle dames om te kom deel raak van hierdie spesiale bediening.

Goue Are

Die Goue Are is ons gemeente se ouer wordende lidmate wat een keer per maand op ‘n Donderdag (gewoonlik die eerste Donderdag van elke maand), ‘n sosiale byeenkoms aanbied.

Dit sluit in, optredes deur kunstenaars, en ook uitstappies met die bus na bv Jasmyn by die Hartebeespoortdam.

Ons is nog op en wakker, en neem deel aan die jaarlikse feeste, waar ons ook die poeding stalletjie beman. Kom skakel gerus in. Ons sien jou graag daar.

Mannebediening

Hierdie bediening bestaan uit manne van alle ouderdomme. Ons vergader elke tweede Vrydag om 06:00 by die kerk. Hier drink ons ‘n koffie en geniet ‘n beskuit voor werk. Ons groei geestelik deur insette van die geestelike leiers, en ook word die band tussen die broederskap versterk tot ‘n diensbaarheid in die gemeente en gemeenskap.

Soms braai ons op ‘n Saterdag om die manne in te trek wat nie op ‘n Vrydag ons byeenkoms kan bywoon nie. Ons bring ons kant graag met die gemeente se feeste, deur lekker saam te braai en te help waar ons kan.

As manne ondersteun ons mekaar deur dik en dun. Kom skakel gerus in. Jy sal beslis welkom voel.

Gemeenskapsprojekte

God gebruik mense om mense te help en dit is ons visie hier by die NG Montana Gemeenskap, om mekaar met liefde en deernis te dien. As jy dus kan uithelp by een van ons gemeenskapsprojekte of as jy self hulp nodig het, wil ons jou aanmoedig om een van die projekleiers te kontak deur die Kerkkantoor te skakel of hier op die webblad.

Manna van God

Bediening

In Manna van God is daar ‘n onsigbare draad wat ons almal verbind, ‘n gemeenskap wat mekaar ondersteun en versorg. Daarom is dit ons verantwoordelikheid om na ons medelede om te sien, soos Jesus ons geleer het.

Nood Noord

Van Die Berg

Die Gemeente neem deel aan die projek soos nodig saam met ander gemeentes in ons omgewing aan hulpeloses.

Via Nova

Bediening

Senior Lidmate voorsien broodjies en ons gee maandeliks bydrae.

Sending Aksie

Bediening

Ons is betrokke met die ondersteuning van sendelinge met gebed, hulp, bemoediging en finansiele hulp waar moontlik.

Jakaranda

Kinderhuis

Huis Nr 7 word voorsien van behoeftes, bybelonderrig en bystand met versorging en vorming waar moontlik.

Westerlig

Laerskool

Ons is bevoorreg om elke maand ‘n skenking aan die skool te kan maak.