KOM GENIET DIE DAG!
31 Mei 2025
08:00 – 13:00
NG Montana
300 Veronica Weg, Montana, Pretoria
012 534 3377
admin@ngmontana.co.za
lizelle@ngmontana.co.za


Pannekoekfees
Dis weer daai tyd van die jaar – Pannekoek, pret en pure plesier!
Wat wag op jou by die groot dag…?
Bring jou lekker kuier-gees en kom sit saam in die Teetuin waar Loslit se dansorkes jou voete sal laat jeuk terwyl jy sluk aan ‘n koppie kondensmelk-koffie, tee of iets kouds! Daar’s Pannekoeke gevul met alles behalwe jou belastingterugbetaling, ‘n interessante klomp stalletjies, SANBS wat wag vir daardie superheld bloedskenking van jou af, en ‘n speelpark waar kinders hulle energie kan loslaat.
Wat’s op die spyskaart, vra jy?
Van russian twists wat jou laat twis oor ‘n tweede porsie, bobotie wat jou laat terugdink aan Ouma se kombuis, hoender-mayonnaise vir die fynproewers, maarlvleis-en-kaas pannekoeke vir die honger manne, tot spek-en-kaassous wat jou
hart (dalk jou dieet) vinnig laat klop. Gooi daarby ‘n paar cheesegrillers met “funky” souse, peppermintcrisp of lemon meringue vir die soetbekke en natuurlik – melktert, want geen fees is volledig sonder daai bietjie kaneelmagie nie!
KOM GENIET DIE DAG!
6 September 2025
08:00 – 14:00
NG Montana
300 Veronica Weg, Montana, Pretoria
012 534 3377
admin@ngmontana.co.za
lizelle@ngmontana.co.za


Broodfees
Die BROODFEES is weer hier en almal gaan dit saam geniet!
Wat om te verwag op die groot dag!
Kom kuier met LekkerFM en vermaak in die Teetuin met koffie, tee of iets lekker koud. Ons sien uit na die varsgebakte brode en ‘n groot verskeidenheid Stalletjies met die beste speelpark vir die kinders met iets vir almal! Moenie vergeet van die TukTuk wat jou kan oplaai en aflaai nie!
Waarna kan almal uitsien!
Groot verkskeidenheid varsgebakte Brode, Muffins, Koekies, Poedings te kies en te keer tot Boepensbroodjies, Vetkoeke en vele meer!