Offergawes
Indien jy dit nie reeds doen nie, oorweeg dit biddend om jou bydraes / dankoffer via EFT in die gemeente se bankrekening in te betaal.
Mag God ons Seën met geloof, met vertroue en mag Hy lei en ons volg!
Bank Besonderhede:
- Bank: ABSA
- Rek Naam: NG Montana
- Rek No: 5260 148 771
- Takkode: 338 945
Alle Vorms
Doop
Bediening van Doop vind plaas binne die Gemeente program.
Huisbesoeke
Op aanvraag, kontak asb die Kerkkantoor.
Nuwe Intrekkers
Besoektye Dinsdae 18:00 – 21:00
Gebedsgeleenthede
Maandae 19:00 in die gebedskamer of gereël.
Huwelikseremonies
Baie geluk met julle groot stap! Uiteraard wil elke paartjie hulle huwelikseremonie so spesiaal moontlik maak en daarom is dit belangrik om op die volgende te let:
Mag u huweliksdag ‘n pragtige, liefdevolle en onvergeetlike ervaring wees!
- Die reelings vir die huwelikseremonie is 'n private aangeleentheid en word persoonlik met 'n leraar getref.
- Slegs geregistreerde huweliksbevestigers mag 'n huwerlikseremonie voltrek.
- Indien u vir die seremonie die kerkgebou wil gebruik, is u welkom om die bespreking deur die koster te hanteer. Skakel net die kerkkantoor en dan sy uitbreiding.
Begrafnis
Om ‘n geliefde aan die dood af te staan, is vir niemand maklik nie. Ons weet dat met die verlies van ‘n geliefde daar hartseer, verlies, emosionele pyn en skok is en ons wil graag aan elkeen wat ‘n geliefde verloor het die beste ondersteuning bied.
- Skakel asseblief met die leraar wat u gewoonlik bedien, om u by te staan.
- Indien u vir die seremonie die kerkgebou wil gebruik, is u welkom om die bespreking deur die koster te hanteer. Skakel net die kerkkantoor en dan sy uitbreiding.
Ons wil graag saamwerk om op die mees gepaste en respekvolle manier on geliefdes se lewens te vier en troos by die Here te kom soek.